Raak excited oor Liefde By Die Dam 2018 met Koos Kombuis
Koos Kombuis gaan hierdie jaar by Liefde By Die Dam optree! Liefde By Dam 2018 word op die 5de Augustus by die Emmarentia Dam in Johannesburg gehou. Ek hoop jy het al jou kaartjies (wen twee hier)!
Om solank ‘n bietjie excited te raak en op te warm vir die gebeurtenis, het dié legende iets baie spesiaal geskryf: ‘n Shakespeariaanse sonnet, gebaseer op die titels van sy veertien albums, spesiaal vir Dirty Pink City! Geniet dit en laat weet my wat jy daarvan dink.
Nie meer Niemand se Land
deur Koos Kombuis
Dit was ‘n lang, lang pad na Lekkersing
…Veel meer as dertien jaar se ry…
Van die “blameer-dit-op-apartheid”-ding
Tot by die vrede van Madiba Bay
Dit was soos Bloedrivier, dit was so erg –
Ons was ver van die Kalahari, oom!
Toe loop ons kaalvoet oor die Drakensberg
Tot by elke boemelaar se droom
Maar nou smaail die Mona Lisa
Hier’s equilibrium in die blou kombuis
Met glase bier en pizza
Vier ons ons jare in die son… want
Ek is Koos Kombuis, en die’s my Land!
Album titels:
- Ver van die Ou Kalahari (1987)
- Niemandsland (1988)
- Elke Boemelaar se Droom (1994)
- Madiba Bay (1997)
- Blameer dit op Apartheid (1997)
- Mona Lisa (1999)
- Blou Kombuis (2000)
- Equilibrium (2003)
- `n Jaar in die Son (2004)
- Bloedrivier (2008)
- Koos Kombuis (2009)
- dertien (2012)
- Kaalvoet oor die Drakensberg (Digital Download only) (2013)
- Langpad na Lekkersing (2016)
Liefde By Die Dam 2018 Besonderhede
“We must first learn to love ourselves, then we will know how to love others. We were brought up in a culture that made us disown ourselves and feel guilty about who we are.” –Koos Kombuis.
Datum: Sondag, 5 Augustus
Tyd: 10:00 to 18:00
Waar: Emmarentia Dam, Johannesburg
Tickets by Computicket:
Koop Nou
Grootmense R165 / Kinders 12 jaar en jonger: R75 / Kinders onder 3jaar: Gratis
Spesiale kaartjies:
VIP: R595 – sluit in: spesiale ingang, gratis kos en drankies