EET KREEF HERLEEF!

Eet K

EET KREEF! deur Johannes Kerkorrel en die Gereformeerde Blues Band word vereer

“Ek het onlangs weer Johannes Kerkorrel se musiek herontdek en het gedink oor hoe relevant dit nou nog klink. Dit was iets uniek in Afrikaanse musiek ten tyde van uitreiking en dit staan vandag steeds sterk.” – Frank Freeman 

EET KREEF! deur Johannes Kerkorrel en die Gereformeerde Blues Band word vereer in hierdie herinterpretasie van die satiriese musikale meesterstuk wat 30 jaar gelede die land omtrent aan die gons gehad het. EET KREEF! was in 1989 `n groot sukses, ten spyte daarvan dat die liedjies vir radio verban was deur die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie.

Laudo Liebenberg (aKING) span saam met van die beste rockers in die bedryf vandag om agter die stuur van hierdie Alternatief-Afrikaanse osssewa in te skuif. Die groeplede wat saam met Liebenberg op die album speel is Frank Freeman (kitaar en sang), Sheldon Yoko (dromme), Schalk van der Merwe (baskitaar), Etienne van Rooyen (klawerbord) en Nicole Mitchell (agtergrondsang).

Eet Kreef Herleef

Frank Freeman verduidelik hoe die idee van die moderne opname van die album onstaan het: “Die oorspronklike idee agter die projek was gebasseer op die musiek alleen. Ek wou die geskiedenis van alternatiewe Afrikaanse musiek en kultuur in ‘n nuwe produksie sit en in ‘n manier die verlede en die hede bymekaar bring.”

Liebenberg, nadat hy gevra was hoe hy voel om in iemand soos Kerkorrel se skoene te staan, het verduidelik: “Ek dink dit is ‘n groot uitdaging om ‘n album soos dié op te tree omdat dit so uniek is en baie na aan mense se harte lê. Ons het van die begin af gesê dat dit ‘n verwerking moet wees en nie ‘n ‘tribute show’ nie.”

EET KREEF HERLEEF! Live Shows

Die EET KREEF HERLEEF! live shows wat deur dieselde groep musikante aangebied word, het vroeër vanjaar by die Vrystaatse Kunstefees in Julie afgeskop. Dit word op 18 Desember by Evita se Perron in Darling aangebied. In 2020 maak dit ook `n draai by die US Woordfees op 15 Maart en by Atterbury Teater op 27 en 28 Maart.

EET KREEF HERLEEF! album snitte:

Sit dit Af.

Tronk

Liefde

Ossewa

Hillbrow

Donker Donker Land

Energie

BMW

Ou ou Lied van Afrika

Ry

Bonus: Hoe ek Voel.

Watch ‘BMW’ (Herleef)


Foto: dievetman.com

 

 

 

Please share and like away:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

DIRTY PINK CITY | SOUTH AFRICAN BLOGGER