Die Heuwels Fantasties Gesels Oor Nuwe Album

Die Heuwels

Die Heuwels Fantasties werk aan nuwe musiek

“Die hele band was `n rukkie terug saam vir `n week in ‘n windgat huis in Yzerfontein. Dit help altyd om weg te kom om die kreatiewe klier aan die gang te kry. Ons was keen om classic songs te skryf. Watookal dit beteken.” – Hunter Kennedy 

Dit is tien jaar later sedert Die Heuwels Fantasties hulle self-getitelde debuut album uitgereik het. Nou is hulle weer besig met ‘n nuwe vollengte album wat eersdaags uitgereik word.

Intussen het hulle ook die eerste enkelsnit “Jy Stel my Teleur” vanaf die nuwe album met ‘n video vrygestel. Die album is by Sunset Recording Studios in Stellenbosch opgeneem. Jürgen von Wechmar was die ingenieur en het ook “Jy Stel my Teleur” vermeng. Die video is `n samestelling van beelde wat verfilm is by Sunset Recording Studios tydens die opnames, asook insetsels van Die Heuwels se optrede by Liefde by die Dam, Johannesburg in Augustus vanjaar.

Ek het met Pierre Greeff gesels oor die nuwe album:

Dis al tien jaar sedert julle debuut album! Wat het verander oor die jare en wat was ‘n paar van julle grootse hoogtepunte?

Ek dink dit voel asof die albums fotos is van die tydperke in ons lewens wanneer hulle gemaak is. Dus is elkeen se origin story nogal uniek en as ek dit terughoor vat dit my verseker terug na daai tyd in my lewe.  Grootste hoogtepunt vir my deurlopend so vêr is dat ons gelukkig genoeg is om te kan eksperimenteer en groei met elke album en dat dit voel asof ons gehoor dit toelaat en met ope arms ontvang. Elke album het “touch wood” al ‘n “groot” song of twee gelewer en wanneer ons live speel is daar ietsie van elke een in ons setlist.

So, julle het twee jaar gelede ‘n nuwe album uitgereik. Waarmee was julle intussen besig? 

Dis maar die siklus gewees tussen al die album dit vat ‘n bietjie tyd en dink so tussenin, maar bo en behalwe dit het ons ‘n ateljee in die Kaap oopgemaak “the nothing club”, verskeie liedjies gemaak saam met ander kunstenaars en ons eie verskeie groepe asook families begin. It takes a village as they say.

Cool! En nou gaan julle binnekort ‘n nuwe album uitreik. Vertel my so bietjie meer van hierdie nuwe projek. Is dit baie anders as julle vorige werk en wie het almal saam met julle gewerk aan die album? 

Ek dink dis nes ons ander plate redelik uiteenlopend. Daar is colabs met Arno Carstens, Tarryn Lamb en Ampie tans in wording en dalk ‘n surprise of twee met die klank. Hou vas amper daar! Die een lied se naam is “Mejuffrou Sonneblom 2009”, as ek die aap effe uit die mou kan laat.

Die Heuwels Fantasties

“Jy Stel my Teleur” is die eerste enkelsnit vanaf die nuwe album. Daar is iets uniek aan die liedjie. Vertel my daarvan en hoe julle gewerk het om dit bymekaar te sit? 

Dis seker die een wat die maklikste uitgekom het en voel asof dit amper net gebeur het. Ons almal sing en daar is baie vocals opgeneem om die eindproduk uit te maak. Ek dink ons wou voel asof ons iets gemaak het wat nie noodwendig nou of toe is nie.

‘Teleurstelling’ is nogal ‘n moeilike onderwerp, maar tog iets wat ons byna daagliks ondervind. Vertel my van die tema?

Juis dat ons dit wou aanvat. Dis iets wat ons almal ken en tog iets wat moeilik is om te verwoord of plaas want daardie emosie het baie dimensies. Ek dink ons het dit geskryf vir onsself en mekaar.

Het die nuwe album ‘n tema en wat hoop julle sal mense van die album neem?

Ek hoop die album voel soos ‘n vars bries as julle dit die eerste keer luister. Ek dink as ons dit van kop tot tone self deurluister, sal daardie tema voorendag kom.

So, waar kan ons julle sien optree die res van die jaar? 

Liefde by die Dam, by Meerendal wynplaas in die Kaap, 16 November, en Francois van Coke en Vriende, 18 Oktober, vir die res gaan kyk gerus op sosiale media en dieheuwels.co.za

En laastens, wat beplan julle vir 2020?

Ons hoop om ‘n hele paar van ons eie shows bymekaar te sit en hopelik iets na die planke te bring wat uniek is. Daar is ook planne vir shows in Auckland, Hanoi, Hong Kong en Amsterdam.

Luister ‘Jy Stel My Teleur’

Liefde By Die Dam Kaapstad

Liefde By Die Dam CPT is terug, op 16 November 2019! Kom kuier saam by die skouspelagtige Meerendal vir nog ‘n onvergeetlike dag van die beste in SA musiek!

Wanneer: Saterdag 16 November 2019

Waar: Meerendal

Kry kaartjies.

Die Heuwels Fantasties

 

 

 

 

Please share and like away:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

DIRTY PINK CITY | SOUTH AFRICAN BLOGGER