Spoegwolf by Park Acoustics [Onderhoud]

Spoegwolf

Park Acoustics 1 March 2020

Hierdie naweek stel Spoegwolf hul nuwe album ‘See’ by Park Acoustics bekend. Spesiale gaste The World of Birds, December Streets, Janie Bay, James Deacon, Martin Gill en Dsco Cam gaan ook optree!

Ek het met Spoegwolf gesels om uit te vind wat hulle vir hierdie spesiale geleentheid beplan:

Baie geluk met die nuwe album! Hoe lank het julle aan die een gewerk?

Ons het basies direk na die vorige album begin, so rondom April 2019.

Hierdie is nogal ‘n groot album. Wie het saam met julle gewerk daaraan en waar is dit opegneem?

Chris, Danie en Albert het saam in ‘n huis ingetrek en die sitkamer in ‘n home studio verander. Baie van die songs het daar begin. Die dromme en groter instrumente is saam met Jurgen by Sunset Recording Studios opgeneem.

Awesome, so gaan julle op toer om die album te promote?

Ons is redelik aktief aan die toer rondom Februarie tot April en hoop om van die nuwe songs te promote

Nou oor na Park acoustics. Hoeveel het julle al gespeel en wat dink julle maak die event so besonders?

Ek dink hierdie is die 4de Park Acoustics, as ek dit reg het? Hiram Koopman kom saam, so sien uit om ‘n ekstra musikant in die band te he.

Dis cool. So, waarom moet mense juis vir hierdie Park Acoustics kaartjies koop?

Dit gaan ‘n one-of-a-kind show wees met ‘n ekstra sax player en ‘n hele paar nuwe songs.

Laastens, wat beplan julle vir die res van die jaar?

Ons gaan ‘n show in Amsterdam doen, ‘n paar groot toere en so gou moontlik begin werk aan ‘n nuwe album.


Park Acoustics details
Date: Sunday, 1 March 2020
Venue: Voortrekker Monument, PTA
Entrance: R150 Early Bird (500 Available), R170 Online , R190 at the gate
(Free for children under the age of 6, R15 per vehicle at entrance of nature reserve.)


About the author

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *