‘n Interview met VAN PLETZEN

Van Pletzen

VAN PLETZEN praat oor hul debuutalbum

Dit is VAN PLETZEN se mission om goeie vibes te versprei in Suid Afrika. En dis presies wat hulle besig is om te doen met hulle debuutalbum, Kak Lekke Vibe, wat ‘n maand gelede vrygestel is.

Die duo, Peach van Pletzen en Matthieu Auriacombe het ook onlangs die video vir hulle single Die Beats Amazing met Early B vrygestel (maak seker jy kyk die video na die onderhoud).    

Ek het so bietjie met Peach gechat oor die nuwe album, wat ‘n kak lekke vibe vir hulle beteken en hulle future plans.

Geluk met die nuwe album! Wat is die terugvoering sover van mense wat dit al geluister het?

Mense is mal oor die album, en ons is natuurlik baie bly!

So, hoe lank het julle aan die album gewerk en het julle songs geskryf vir die album of is dit alles werk wat jul reeds gehad het?

Alles was geskryf vir die album en ons het presies ’n jaar gevat om die album te maak van begin tot einde.

Early B het saam met julle gewerk op ‘n paar van die songs. Hoe was dit en hoe het julle besluit om  te collaborate?

Dit was awesome. Hy is ’n masjien en ’n super cool dude. Ons try hom ook op baie van ons groter shows te feature live. Hy vat die show tot die next level!

Julle lyrics is vol humor en satire, maar is daar dalk ‘n versteekte dieper boodskap daar êrens? Of is dit alles net lekke vibes?

Mense moet vat wat hul nodig het om te vat van die lirieke. Maar dis ten minste 94% net kak lekke vibes.

Haha! Okay, so wie skryf die lyrics? En watter tipe goed inspireer julle om songs te skryf?

Ek klap al die lirieke en ek is maar inspired deur die usual stuff; wakker word, liefde maak, zaab, eet (meestal space cakes) en natuurlik ook goeie tye…

En vertel my bietjie van die videos wat jul al release het. Hoe besluit julle op die konsep?

Dis iets wat ons gewoonlik laat in die aand tref, maar die coolste stuff kom nog!

Van Pletzen

Iemand het julle op YouTube genoem “die hipster version van Die Antwoord”. Is dit akuraat?

Hahaha, dis verseker snaaks! Ek sal nie se ons is hipsters nie, ons is net lekke. Dalk scheme die  persoon ‘n bril beteken jy is hipster, I dunno! Ek dink glad nie ons klink soos die antwoord nie. Ek  dink nie ons klink soos enigiemand nie…

Wat sê julle vir mense wat julle te ernstig opneem en negatiewe goed te sê het?

Wel, as jy dit wil overthink doen jy dit aan jouself. Dit en, “Hou op om so ernstig te wees, wees legeh”.

As julle nou vir my Engelse lesers moet verduidelik wat “legeh” is, wat sal julle sê?

Legeh is ’n state of being. Dis soos way beyond net lekker. Ons bied klasse oor The Lekkeness en dan ultimately ook oor LEGEHNESS. Dis moeilik om te explain, dit vat baie dissipline.

Haha! Ek verstaan. So, julle gaan ook weer ‘n bietjie Oppikoppi toe die jaar? Wat maak Oppikoppi spesiaal en wat voer julle in die mou vir julle show daar?

Oppi is altyd ’n kak lekke vibe en is soos ’n institution vir local musiek, so julle kan daar op bank dat ons kak groot gaan go met die show en beslis die Lekkeness saam bring in a big way!

Van Pletzen

En gaan julle ‘n landswye toer met die nuwe album doen? En waar kan ons julle die maand live sien?

Ons gaan beslis later in die jaar! Ons het nou klomp festivals getref en ons doen ook Innibos in Junie. Ons het volgende ’n show in Joburg, maar dis ’n private ding sover ek weet.

Okay cool! So, wat maak ‘n vibe kak lekke?

Mens kry ’n kak vibe wat nie goed is nie, dan kry jy ’n lekker vibe wat pretty sweet is maar as jy nog heuning by ’n lekker vibe voeg, dan raak dit ’n kak lekke vibe! Die wat weet, weet…

Hehe. En wat gebeur die res van die jaar met VAN PLETZEN? Wat beplan julle nog alles?

Nog videos, live shows en ’n mengsels van lekkeness en epicneesss!

Awesome! Baie dankie vir die chat. En ek sien uit na daai Oppikoppi show!

Weet jy wat, ons doen ook! Kom nou AUG!

 

Kyk Die Beats Amazing

 

 

Please share and like away:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *