Klopjag Kom Mieliepop 2018 Toe!

Klopjag 2018

‘n Onderhoud met Klopjag

Dit lyk of Mieliepop 2018 ‘n grote gaan wees! Die musiek fees is om die draai, met ‘n lys van groot name op die line up. As jy nog nie kaartjies het nie, stel ek voor jy gaan koop dit sommer nou (Plankton), want met Klopjag deel van die line up, kan jy dit nie mis nie!

Ek het onlangs met Sallas van Klopjag gesels oor hulle show by Mieliepop en sommer ook uitgevra oor hulle toekoms planne:

Wow, julle is al saam sedert 2002, dis 16 jaar van amazing Klopjag musiek! Wat dink julle is die resep wat maak dat julle al so lank saam is en nogsteeds soveel lojale fans het?

Dis moeilik om mens se vinger daarop te sit, want dis onmoontlik om voor die tyd te weet hoe lank ’n band kan saam gig. Ons is bevoorreg dat ons mekaar op die regte tyd ontmoet het en saam ’n “leap of faith” in mekaar en ons songs gevat het. Miskien is die resep juis dat daar nie ’n resep of ’n plan was nie.

Ek het eintlik so baie vrae, maar iets wat almal seker wil weet is of julle ooit weer ‘n album sal uitbring en dalk miskien ‘n landswye toer sal doen?

Ons sal verseker ’n album maak miskien nie in die traditionele manier nie maar ek dink ons het in ’n baie kort tyd geweldig baie songs opgeneem toe ons begin het.  Ons songs kom uit lewenservarings en dit was tyd om net weer te leef om weer materiaal te kry.  Vir die laaste paar jaar het net die voorreg om net soveel as moontlik saam te gig vir ons meer waarde gehad as om in die studio te wees.

Kom julle almal nog saam om te rehearse voor shows, of is dit deesdae te moeilik? En wat doen almal deesdae?

Ons kom definitief nog by mekaar om te rehearse voor shows, dit is nogal ’n groot logistieke operasie om tyd en plek te kry wat almal pas, maar dis lekker en enige verskoning om musiek te maak. Ons almal is gelukkig om steeds kreatiewe “day-jobs” te he, maar die band bly steeds eerste liefde!

Julle is al so lank saam en het seker honderde stories om te vertel, waar is die boek of documentary dan?

Alles in goeie tyd…

Kom ons gesels Mieliepop! Was julle al daar? Indien wel, wat is die lekkerste deel van die fees? En indien nie, waarna sien julle die meeste uit (ek glo darem daar is water om in te swem!)?

Ons was nog nie daar nie maar sien baie uit want ons hoor net goeie goed van almal wat dit al bygewoon het!

Wie anders op die line up sien julle uit om te sien?

Vandat die meerderheid van ons onlangs ouers geword het, kom mens nie so baie uit soos in die verlede nie en ons sien baie uit om veral die nuwe bands op die line-up te sien. Daar is ’n soort magic aan ’n nuwe groep mense wat saam musiek maak wat mens net op ’n live show kan ervaar.

Waarna kan julle fans uitsien met julle show by Mieliepop? Julle sal seker al die favourites speel, maar is daar dalk ‘n surprise of twee?

Ons beplan ’n goeie mengsel van crowd favourites en ons favourites en dalk ’n verrassing… tyd sal leer.

En dan, wat is julle planne vir die res van 2018? Ek hoop julle speel baie shows die jaar (in die Kaap ook!).

Ons wil graag in die tweede deel van 2018 meer gigs speel en hopelik sien ons die Kaap vroeer as later.’

Mieliepop festival 2018

Mieliepop Event Details

Date: 21 – 24 March 2018
Venue: Tolderia Resort, 2351 Lothair, Mpumalanga, South Africa
Time: 21 March 2018 | 10AM
Price: R750 (General Admission) | R850 (Gate)
GET TICKETS: Plankton

Please share and like away:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *