Koos Kombuis Deel Iets Baie Spesiaal Met Dirty Pink City

Koos Kombuis

Raak excited oor Liefde By Die Dam 2018 met Koos Kombuis

Koos Kombuis gaan hierdie jaar by Liefde By Die Dam optree! Liefde By Dam 2018 word op die 5de Augustus by die Emmarentia Dam in Johannesburg gehou. Ek hoop jy het al jou kaartjies (wen twee hier)!

Om solank ‘n bietjie excited te raak en op te warm vir die gebeurtenis, het dié legende iets baie spesiaal geskryf: ‘n Shakespeariaanse sonnet, gebaseer op die titels van sy veertien albums, spesiaal vir Dirty Pink City! Geniet dit en laat weet my wat jy daarvan dink.

 

Nie meer Niemand se Land

deur Koos Kombuis

Dit was ‘n lang, lang pad na Lekkersing

…Veel meer as dertien jaar se ry…

Van die “blameer-dit-op-apartheid”-ding

Tot by die vrede van Madiba Bay

Dit was soos Bloedrivier, dit was so erg –

Ons was ver van die Kalahari, oom!

Toe loop ons kaalvoet oor die Drakensberg

Tot by elke boemelaar se droom

Maar nou smaail die Mona Lisa

Hier’s equilibrium in die blou kombuis

Met glase bier en pizza

Vier ons ons jare in die son… want

Ek is Koos Kombuis, en die’s my Land!

 

Album titels:

  • Ver van die Ou Kalahari (1987)
  • Niemandsland (1988)
  • Elke Boemelaar se Droom (1994)
  • Madiba Bay (1997)
  • Blameer dit op Apartheid (1997)
  • Mona Lisa (1999)
  • Blou Kombuis (2000)
  • Equilibrium (2003)
  • `n Jaar in die Son (2004)
  • Bloedrivier (2008)
  • Koos Kombuis (2009)
  • dertien (2012)
  • Kaalvoet oor die Drakensberg (Digital Download only) (2013)
  • Langpad na Lekkersing (2016)

 

Liefde By Die Dam 2018 Besonderhede

“We must first learn to love ourselves, then we will know how to love others. We were brought up in a culture that made us disown ourselves and feel guilty about who we are.” Koos Kombuis.

Liefde By Die Dam

Datum: Sondag, 5 Augustus
Tyd: 10:00 to 18:00
Waar: Emmarentia Dam, Johannesburg

Tickets by Computicket:

Koop Nou

Grootmense R165 / Kinders 12 jaar en jonger: R75 / Kinders onder 3jaar: Gratis

Spesiale kaartjies:

VIP: R595 – sluit in: spesiale ingang, gratis kos en drankies

 

Please share and like away:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *