Spoegwolf by Capital Craft Beer Festival 2018

Spoegwold beantwoord ‘n paar vrae

Dis nog net ‘n paar dae voor een van die grootste bier feeste in Suid Afrika!

Die Capital Craft Beer Festival vind die Saterdag, 16 Junie 2018, by die Pretoria Nasionale Botaniese Tuine plaas. Oor die jare het die fees ‘n groot event in Pretoria geword. ‘n Fees wat nie gemis moet word nie. Soos elke jaar, bring die organiseerders die beste vir feesgangers met meer as 40 brouerye teenwoordig, top local musiek en ‘n verskeidenheid kosse om van te kies.

Ek het met een van die bands op die line up, Spoegwolf, gesels oor die fees en hul planne vir die res van die jaar:

Lyk my julle is baie besig die jaar. Vertel my so bietjie van die hoogtepunte van die jaar sover?

Verseker Potch! Ons het ‘n mal twee shows daar gehad.

Hoe doen julle nuwe album, Die Donker Toring, en watter liedjie is die gewildste sover?

Dit doen regtig baie goed. Ons dink “Geel” doen die beste.

Great! Die lirieke is altyd iets wat vir my uitstaan in julle musiek. Wat of wie inspireer julle lirieke, en kom die skrywery natuurlik of is dit ‘n moeilike proses om eerlik en betekenisvol te skryf?

Baie dankie! Danie skryf maar oor die dinge rondom hom – the truth is stranger than fiction! Dis nie moeilik nie, net surreal.

Wat is die Donker Toring en is daar ‘n metaforiese betekenis daaragter?

Ons het almal ‘n donker toring in ons lewens – ons blameer iemand of iets daarvoor. Partykeer kom jy agter dis maar jy.

Spoegwolf Interview

Julle is die jaar by die Capital Craft Beer Festival. Hoekom moet mense wat nie bier drink nie nogsteeds kom om vir julle te kom kyk? En kan ons dalk ‘n splinternuwe liedjie of twee hoor?

Ons gaan ‘n party gooi. Ons gaan nogal baie van die nuwe album speel!

Cool! So, drink julle craft bier en watter brouwery wat by die festival gaan wees is julle gunsteling?

Ons wil nie op tone trap nie, maar ja, ons doen!

Spoegwolf Interview

Na watter ander kunstenaars wat ook by die festival is sien julle uit om te sien?

Ons sien uit om te sien hoe Moskou ’n drumsolo speel.

Julle is al lank in die bedryf, maar wat is op die oomblik die drie dinge wat julle nog wil bereik. Met ander woorde julle huidige drome as ‘n band?

World Domination, world domination en world domination!

Okay, hoop dit gebeur gou vir julle! En wat is julle planne vir die res van die jaar?

Ons maak ‘n nuwe album!

Nice, sien uit! 

 

Capital Craft Beer Festival Details

Capital Craft Beer Festival 2018

Date: Saturday, 16 June 2018
Venue: Pretoria National Botanical Gardens

Time: 10 am to 7 pm

Entrance: R170 Online (Includes Branded Beer Mug), R200 Gate

Tickets: Plankton here

Facebook Eventhere

Brewers: Amundsen Brewery, Anvil Ale Brewery, Cape Brewing Co, Clarens Brewery, Drayman’s Brewery & Distillery, Friar’s Habit Craft Brewery, RIOT Beer, The Standeaven Brewery and many more!

Artists:

Capital Craft Main Stage:

10:00 – Half n Half
11:30 – Bad Peter
12:45 – Crimson House
14:00 – Femi Koya
15:30 – Spoegwolf
17:05 – South Africa VS England 

Hillbilly Ho-Down Stage:

Stash Records will be curating an epic sound track from his vinyl collection between the bands! 

11:00 – Zen Garden
12:00 – We Are Charlie
13:00 – The BLACK CAT BONES (Deboned)
14:00 – Retro Dizzy
15:00 – African Rhythm Productions
16:00 – DBN GOGO

Acoustic Stage (Forest Stage): 

11:15 – Christiaan Baartman
12:15 – Roxton met Herki
13:15 – Janie Bay
14:15 – El Cantante
15:15 – Ard Matthews

 

Please share and like away:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *